RIVERSDAL NUUS - Dié plek in 'n beboste deel digby Vetterivier-rylaan in Riversdal is 'n uithangplek waar dwelmhandelaars dwelms gebruik en verkoop.
Adjudant offisier Hans Bush van Riversdal-polisie het daadwerklik opgetree en aandag aan die probleem gegee.
Die matras is ook verwyder. Die gemeenskap het 'n petisie opgestel wat aan die plaaslike gemeenskapspolisieforum (GPF) oorhandig sal word.
"Sigbare polisiëring saam met die onderskeie buurtwagte het 'n daadwerklike verskil gemaak en is daar 'n afname in misdaad, veral aanrandings," het Bush gesê.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'