SLANGRIVIER NUUS - Die plaaslike polisie benodig dringend die hulp van inwoners van Slangrivier nadat daar by die plaaslike River Valley Senior Burger-klubhuis in Onderrivier ingebreek is.
Volgens sers. Imorgene Hendricks, plaaslike polisiewoordvoerder, vermoed hulle daar is tussen Woensdag 14 Junie en Dinsdag 20 Junie by die klubhuis ingebreek en verskeie items gesteel.
Enigiemand met inligting oor die inbraak wat tot die arrestasie en skuldigbevinding van die inbrekers kan lei, word versoek om met Hendricks by 079 893 9930 of ao. Reon Grundlingh, die ondersoekbeampte, óf die dienssentrum by 028 722 8201/2 te skakel.
Alle inligting sal vertroulik hanteer word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’