STILBAAI NUUS - Na 'n suksesvolle besoek van die seeskilpad reddingsentrum aan Stilbaai in 2023 het heelwat vrywilligers hulle dienste aangebied met die beskerming van seeskilpaaie, spesifiek die pasgebore seeskilpadjies wat uitspoel.
Hulle beoog om weer gedurende die week van 12 tot 19 Februarie in Stilbaai aan te doen en belangstellendes sal nader aan die tyd ingelig word van die presiese tyd en plek.
Suksesse wat die seeskilpadreddingsentrum in 2023 aan die Kaapse Kus behaal het, was 79 pasgebore en 10 ouer karetskilpaaie wat gered is.
Ongelukkig het hulle ook 14 pasgebore en sewe ouer seeskilpaaie dood gevind en daar kon hulle net data bymekaarmaak.
Hulle kon ook in hierdie tyd 60+ pasgebore en nege ouer seeskilpaaie weer in die see terugplaas.
Niks hiervan sou moontlik gewees het as dit nie was vir die netwerk van vrywilligers teen die kus nie en daarvoor is hulle baie dankbaar.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’