HESSEQUA NUUS - Riversdal
Moord
'n Verdagte is Sondag, 23 Januarie in hegtenis geneem na die moord op 'n 33-jarige man.
Die voorval het die vorige aand, Saterdag 22 Januarie ongeveer 23:15 in Nkanini, Kwanokuthula net buite Riversdal plaasgevind. Die oorledene is met 'n skerp voorwerp in die bors gesteek.
Die verdagte het Maandag in die hof verskyn en bly in aanhouding tot eerskomende Maandag, 31 Januarie vir 'n borgtogaansoek.
Heidelberg
Handel in drank
'n Voormalige lid van Heidelberg-polisie is onlangs krimineel aangekla nadat hy vir onwettige handel in drank gearresteer is. Die 55-jarige afgetrede lid is na 'n operasie deur die polisie betrap nadat 'n lokvink gebruik en daar 11 biere op sy perseel gevind is. Hy is 'n boete van R500 opgelê na hy skuld erken het. Hy was dieselfde aand vrygelaat.
Seksuele aanranding
'n Voormalige lid van Heidelberg-polisie het Dinsdag, 18 Januarie vlugtig in die plaaslike landdroshof op 'n aanklag van seksuele aanranding verskyn.
Dit spruit uit na 'n voorval verlede jaar waar die lid 'n vroulike lid na bewering onbehoorlik in die dienssentrum sou betas het.
Volgens kapt Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiekommunikasiebeampte is die saak tot Dinsdag, 15 Februarie uitgestel.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'