HEIDELBERG NUUS - Die plaaslike polisie het hul derde lid in die afgelope jaar aan die dood afgestaan met die afsterwe van ao. Percival Alberts.
Alberts het sy stryd teen longontsteking Sondagoggend 12 September om 03:30 in die Bayview-hospitaal op Mosselbaai verloor.
Volgens sy hartseer vrou, Gladonesia, was hy vir die afgelope 17 dae in die hospitaal nadat hy met longontsteking opgeneem is.
Benewens sy vrou laat hy ook een seun en twee dogters agter.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'