Update
HEIDELBERG NUUS - Met heropening van skole na byna drie maande, het drie sakemanne van Heidelberg vir Vivian Prins, skoolhoof van Kairos Senior Sekondêre Skool en sy persooneel verras deur die skool gratis te ontsmet.
Volgens Prins was hy uit die veld geslaan deur Stefan en Geoff Zietsman, asook Nathan Fourie, wat onlangs 'n ontsmettingsbesigheid begin het, se aanbod aangesien die skool nie so 'n transaksie sou kon bekonstig nie. Die Zietsmans se pa, Johan wat tydens die ontsmettingsproses teenwoordig was, het gesê dat hy as 'n gevestigde sakeman glo dat hulle as familie en besigheid in die gemeenskap waarvan hulle afhanklik is, terug moet ploeg.
"Ek is baie trots op my seuns se uitreikpoging omdat die besigheid nog in sy kinderskoene is."
De Waalville Primêre Skool, wie se opvoeders verlede week geweier het om hul leerders in die klaskamers te onderrig voor dit behoorlik ontsmet word, is Donderdag, 3 Junie behoorlik deur dié besigheid ontsmet. Sewe-en-tagtig van die 138 graad 7-leerders het Maandag, 8 Junie opgedaag.
Vorige artikel: Sakemanne ontsmet skool gratis
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'