HEIDELBERG NUUS - Met die aanvang van die opening van skole na byna drie maande se 'langverlof' het drie nuwe sakemanne van die dorp, Stefan en Geoff Zietsman, asook Nathan Fourie, wat onlangs 'n ontsmettingsbesigheid begin het, vir Vivian Prins, prinsipaal van Kairos Senior Sekondêr en sy personeel verras deur die skool gratis te ontsmet.
Volgens Prins was hy uit die veld geslaan met die aanbod omdat die skool nie so 'n transaksie sou kon bekostig nie.
Die Zietsmans se pa, Johan, wat tydens die ontsmettingsproses teenwoordig was, het gesê dat hy as 'n gevestigde sakeman glo dat hulle as familie en besigheid in die gemeenskap, waarvan hulle grootliks afhanklik is, terug moet ploeg.
"Ek is baie trots op my seuns se uitreikingspoging omdat die besigheid nog in sy babaskoene is."
Kairos Senior Sekondêr word ontsmet.
Stefan Zietsman besig om die toilette te ontsmet.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'