Gallery Update
RIVERSDAL NUUS - Piet Saayman is oortuig dat hy vanjaar die grootse oes met die grootste tamaties in sy leeftyd gaan hê.
Hy en sy vrou Anna woon sedert 1987 in dieselfde huis op die dorp.
Piet (88) sê hy het nog nooit só baie en sulke groot tamaties aan sy plante gesien nie.
"Ek het pitte geplant en die plante het begin rank en tamaties dra. Hulle het net aanhou groei. Ek het nog nooit in my lewe so iets ervaar nie. Al drie die plante is 2m hoog en dra baie. Dr. Vicky van Wyk meen ons sal een van die dae die tamaties sommer so deur die kombuisvenster kan pluk," het Piet vertel.
Hoewel hy die meeste van die oes weggee, sukkel hulle met diewe wat oor die muur spring en selfs groen tamaties steel. Hy het ook grenadellas geplant wat net so mooi dra.
Agter Saayman is die tamatieplant wat reeds 2m hoog is. Dié plant rank tot by die kombuisvenster.
Hy verwag vanjaar ook 'n groot grenadella-oes.
Lees 'n vorige artikel hier: Saayman deel tamatiesake
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'