Update
HEIDELBERG NUUS - Die saak teen die 25-jarige beskuldigde wat van die moord op Burton Scheepers (24) aangekla word, is Dinsdagoggend 24 Januarie tot Maandag 30 Januarie uitgestel.
Die beskuldigde het glo vir wyle Scheepers (24), ’n boorling van Atlantis, op Saterdagaand 14 Januarie noodlottig met ’n skerp voorwerp aangerand en in die nek gesteek.
Die saak is vir borgtogdoeleindes uitgestel. Die beskuldigde, Victor Johannes, bly in aanhouding.
Die begrafnisdiens van Scheepers vind op Saterdag 4 Februarie plaas - eers om 08:00 by die huis in Andries du Toitstraat en dan verskuif dit na die Duivenhoks-gemeenskapsaal waar dit om 09:00 voortgesit word.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'