Update Video
RIVERSDAL NUUS - Ruslan Shakin, 'n 38-jarige Rus wie se tuisdorp sowat 1 000 km oos van Moskou geleë is, is besig om met alles wat hy nodig het vir oorlewing in 'n babastootwaenjie deur die wêreld te hardloop.
Hy het Woensdag 7 Augustus vanuit Kaapstad hier aangekom en by Tielman Roos en sy vrou, Lientjie oornag.
Suid-Kaap Forum het met hom gesels voor hy weer die N2 deur die Tuinroete na Durban gevat het.
Volgens Shakin wou hy graag deur die wêreld reis en die beste manier om dit te doen is deur te hardloop, want dan sien jy alles, meen hy.
Buiten dat dit vir hom 'n persoonlike uitdaging is, doen hy dit ook om bewusmaking te kweek en geld in te samel vir projekte wat water in droogtegeteisterde Afrika kan verseker.
Hy beplan om altesaam die afstand rondom die ewenaar, naamlik 40 075 km te hardloop. Tot dusver het hy sowat 12 000 km afgelê. Hy het eers deur Japan gehardloop, voor hy Australië, Nieu-Seeland, Chile en Argentinië aangepak het.
Op die oomblik hardloop hy tussen Kaapstad en Durban - 'n afstand van sowat 1 300 km.
Kyk 'n video hieronder:
Lees 'n vorige artikel hier: Rus hardloop vir water vir Afrika
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'