HEIDELBERG NUUS - Die langnaweek het vanoggend die lewe van ’n middeljarige vrou op die N2 naby Vleidam tussen Heidelberg en Swellendam geëis.
Volgens sers. Keeno Fredericks, plaaslike polisiewoordvoerder van Heidelberg-polisie, het ’n 48-jarige vrou tragies gesterf toe sy en haar gesin in hul Mercedes met ’n Isuzu-sportnutsvoertuig net verby die Vleidam-afdraai gebots het.
Fredericks het bevestig dat daar drie persone in elk van die twee voertuie was.
Die drie persone in die sportnutsvoertuig het geen beserings opgedoen nie en het geweier om op die toneel behandel te word.
Die ander twee persone in die Mercedes, waarvan een die bestuurder was, is op die toneel vir skok behandel.
Die pad was vir verkeer gesluit terwyl noodpersoneel die toneel opgeruim het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’