RIVERSDAL NUUS - ‘n Roerende troosdiens is Vrydagmiddag 12:00 by die Hoër Landbouskool Oakdale op Riversdal vir Storm Smorenburg gehou.
Die matriekleerder is Vrydag 23 Augustus breindood verklaar na hy ernstige breinbeserings in ’n fratsongeluk opgedoen het.
Ds. André Jordaan van NG Riversdal, hoof André Latsky, Mickél Stemmet, sy gr. 11-kamermaat en vriend, en sy oom Kurt Smorenburg het in hul boodskappe aan dié besondere leerder met die blou oë en skewe glimlaggie hulde gebring.
Sy ma en ‘beste buddy’ Lisa het na die diens drukkies uitgedeel aan ’n lang ry skoolmaats.
Kyk 'n video hieronder:
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
Lees vorige artikels:
- Storm het stil geword
- Huldeblyk vir matriekseun Vrydag
- Oakdale-leerder oorlede
- Min hoop vir Oakdale-leerder
- Oakdale-leerder ernstig beseer
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'