TUINROETE NUUS - 'n Matriekleerder van Hoër Landbouskool Oakdale is vanoggend ernstig beseer toe hy na wat verneem word op 'n skaatsplank gery en aan 'n vriend se voertuig vasgehou het.
Die woordvoerder van die Life Bay View Privaathospitaal op Mosselbaai, Elzaan Moelich het bevestig dat die leerder omstreeks 11:00 vanoggend per ambulans by die hospitaal ontvang is.
Hy word in die intensiewesorgeenheid van die hospitaal vir kopbeserings behandel.
Die leerder se ouers is skynbaar van die Strand.
Hulle is van die voorval ingelig en is op pad om hul kind in die hospitaal by te staan.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'