STILBAAI NUUSFLITS - 'n Eenjarige olifantrob is Sondag 26 November op Skulpiesbaai se strand deur 'n inwoner, Elzette Nelson opgemerk waar dit uitgespoel het.
Nelson het dadelik op sosiale media om hulp gevra, waarop S.M.A.R.T. (Stranded Marine Animal Rescue Team) van Mosselbaai haar gekontak het.
Hulle het ook vir die Kaapse Natuurbewaring (CapeNature) in kennis gestel en het saam die rob gemonitor.
'n Vrywilliger van S.M.A.R.T., Mariska Visagie het Maandagoggend baie vroeg na die strand gegaan.
Volgens haar is dié rob van Antarktika afkomstig en baie skaars in hierdie omgewing.
Ingeval jy op mariene diere soos seeskilpaaie en brilpikkewyne op die strand afkom, kontak Tersia Marais by S.M.A.R.T. by 072 227 4715 vir raad en bystand.
Hulle behoort eersdaags ook 'n tak op Stilbaai te hê en meer inligting sal binnekort verskaf word.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL: WILMA ADAMSON, SUID-KAAP FORUM REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'