Update
RIVERSDAL NUUS - Riversdallers het hul harte oopgemaak nadat die nuus van 'n brand by die Boetman junior seunskoshuis van De la Bat skool vir dowes op Worcester Maandag 21 Mei vinnig versprei het.
Die oorsaak van brand word ondersoek. Suella Steenkamp en Ilse Lambrecht het ingespring om te help deur inisiatief te neem om afsetpunte te identifiseer. Barbara Erasmus van Solidariteit Helpende Hand is van die wat reeds skenkings gemaak het.
De la Bat het vir finansiële bydraes tot die Boetman-fonds gevra, omdat hul nou vir langtermyn moet beplan. Vir meer inligting besoek die skool se Facebookblad of skakel hul by: 023 342 2560.
Ilse Lambrecht het inisiatief geneem om skenkings bymekaar te maak en is een van die versamelpunte.
Lees 'n vorige artikel: Hulp benodig na koshuis afbrand
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'