Video
WORCESTER NUUSFLITS EN VIDEO - Die De La Bat skool vir die Dowes se een koshuis het Maandag 21 Mei afgebrand en skenkings word dringend benodig.
Boetman-koshuis se dak het inmekaar geval. Sewentien seuns tussen 7 en 11 jaar oud het nou geen klere of slaapgoed soos matrasse, kussings, komberse of duvets nie.
Riversdallers kan by Hoërskool Langenhoven se koshuis aflewer. Ilse Lambrecht sal dit daar ontvang. Die skenkings sal môre (Woensdag 23 Mei) na Worcester geneem word.
Die De La Bat-skool kan ook gekontak word by 023 3422 560 of Lukas by 083 417 5091, Suella Steenkamp (Riversdal) by 083 233 5081 of Jayne by 079 426 3824.
Kyk 'n video hieronder:
Op die skool se Facebook-bladsy het hulle die volgende gesê: “Ons is baie dankbaar vir die klere, beddegoed en toiletware wat van gister af na ons gestroom het. Indien u nog ’n bydrae wil maak sal ons dankbaar wees vir finansiële bydraes tot die Boetman fonds. Sodra die koshuis herbou is, sal die hele koshuis weer toegerus moet word met gordyne, meubels, eetgerei en elektriese ware. Ons moet nou vir die langtermyn beplan. Navrae oor bydraes kan gerig word aan die maatskaplike werker, Maryke le Roux.”
Finansiële bydraes kan in die skoolrekening inbetaal word.
- Verwysing: Boetman.
- De la Batskool
- FNB Worcester
- Bankkode 200 407
- Rekeningnommer 54330050293
- Telefoon 023 342 2560
- epos: finance@delabatskool.co.za
Brandweermanne blus die vuur.
Leerders van die De la Bat skool vir dowes staan verslae en kyk hoe die Boetman juniorseunskoshuis brand. Foto: De la Bat Facebook-bladsy
Kinders staan en kyk hoe hulle koshuis brand.
Die brand word geblus.
'Ons bring jou die nuutste Worcester, Hessequa nuus'