Tydens hierdie fees word die Torah/Wet wat God vir Moses gegee het herdenk, sodat die volk volgens die Vader se voorskrifte kan leef, asook die vervulling daarvan en die uitstorting van die Heilige Gees soos in Handelinge 2. Volgens Christo Crafford, wat die toer meegemaak het is hierdie een van die drie grootste feeste waarvoor God die mense oproep om na Jerusalem te gaan.
Jaar na jaar trek mense op na die Beloofde land om hulle te verdiep in 'n Profetiese Bybelse leefstyl.
"Aan die begin van Junie het ons een van die grootste ervarings in dié land meegemaak. Die Dinsdagoggend, 4 Junie om ongeveer 05:00 het ons saam met 80 000 Jode by die 'Western wall' die Vader aanbid.
'n Ervaring wat ons seker nooit sal vergeet nie," het Crafford homself uitgelaat oor die besonderse ervaring.
Die res van die toer het hul plekke besoek waar die Messias en voorvaders, soos Abraham, Isak en Jakob geloop het.
Volgens Crafford bly die See van Galilea waar die Messias die grootste deel van Sy bediening uitgeleef het, een van die uitstaande plekke.
Die volgende groot fees is die Loofhuttefees wat verlede jaar in die karavaanpark in Jongensfontein gevier is. Tydens die fees was 140 mense teenwoordig en volgens hom tot mense vanuit Namibië. "Hierdie jaar sal dit weer in Jongensfontein wees vanaf 9 tot 12 Oktober." het hy afgesluit.
FOTOGALERY

Uitgehonger vir 'n Bybelse ete in die woestyn - hier wys Marlize van der Merwe en Deon Labuschagne hoe lekker die kos is.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'