RIVERSDAL NUUS - Suid-Kaap Forum het die vierde van 'n reeks skilderye wat die hoofdorpe in die Hessequa-streek uitbeeld, in ontvangs geneem.
Kunstenaar Marilise Lombard van Riversdal het op Vrydag, 10 Julie haar uitbeelding van die dorp aan die kantoor oorhandig.
Skilderye wat die essensie van Witsand en Gouritsmond uitbeeld, sal binnekort ook hul plek in die kantoor inneem.
Die vorige skilderye is deur Louis Hiemstra (Stilbaai), Louise Kluyts (Heidelberg) en Des Smith (Albertinia) geskenk.
Verwante artikels:
Marilise Lombard van Riversdal by haar uitbeelding van Riversdal.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'