RIVERSDAL NUUS - St. Matthews Anglikaanse Kerk, ook bekend as die klipkerk, is reeds 162 jaar oud en word nou gerestoureer.
Die kerkgebou se planne is deur Sophia Gray opgetrek. Sy was die vrou van biskop Robert Gray, die eerste Anglikaanse biskop te Kaapstad.
Drie jong manne van Skotland, Alexander Bern, en Alexander en James Lawrence het die kerk gebou. Die hoeksteenlegging het op 22 November 1854 plaasgevind en 25 September 1856 is die gebou ingeseën.
Die restourasiewerk behels uitverf van die kerk, hervul en pleister van krake en barste. Versterkings moet ook aan 'n gewel gedoen word. Patrick Prins van Heidelberg is die kontrakteur.
Volgens David Carter, was die restourasie- werk noodsaaklik om die historiese kerkgebou vir die gemeente en gemeenskap te bewaar.
Om geld vir die restourasieprojek in te samel, sal die gemeente op Donderdag 28 Junie 'n klassieke konsertuitvoering in die kerk aanbied. James Bhengee, is deel van die groep wat optree.
St. Matthews Anglikaanse Kerk. Foto: Diemiso Molebatsi, leerlingjoernalis
Lees 'n vorige artikel: Help om klipkerkie te restoureer
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'