RIVERSDAL NUUS - St. Matthews Anglikaanse-kerk, ook bekend as die klipkerkie, is reeds 162 jaar oud en word nou gerestoureer.
Die restourasie werk behels uitverf van die kerk, hervul en pleister van krake en barste. Versterkings moet ook aan ’n geuwel gedoen word. Patrick Prins van Heidelberg is die kontrakteur.
Om geld vir die restourasie projek intesamel, sal die gemeente op Saterdag 28 Julie ’n klassieke konsert uitvoering in die kerk aanbied.
James Bhengee, is deel van die groep wat sal optree.
Vir meer inligting skakel Sal Carter by 079 519 2221.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'