SWELLENDAM NUUS - Swellendam-karavaanpark is vanaf die begin van die verklaarde nasionale ramptoestand op 15 Maart en die gevolglike staat van inperking wat op 26 Maart begin het as ’n kwarantynfasiliteit aangewys.
Berigte op sosiale media doen die rondte dat Swellendam-munisipaliteit nie aan protokolle voldoen vir reiniging en higiëne met betrekking tot Covid-19-regulasies nie.
Volgens Bianca McKechnie, senior media- en kommunikasiebeampte van die munisipaliteit word elke eenheid by die karavaanpark deeglik gereinig en ontsmet voor inwoners ingeteken word, asook ná hulle vertrek.
Basiese skoonmaakmiddels en –toerusting word intussen in elke eenheid aan individue voorsien om na die algemene skoonmaak van badkamers om te sien.
Alle inwoners is, waar moontlik, verantwoordelik vir die skoonmaak van hul eie kamers en eenhede.
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
• Lees meer in Suid-Kaap forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Swellendam, Hessequa nuus'