STILBAAI NUUS - Vir die eerste keer in Suid-Afrika is onroerende eiendom verbeurd aan die staat verklaar as gevolg van dwelmhandel.
Hierdie ondersoek wat konstabel Christiaan Zwiegelaar van Stilbaai-polisie alreeds in 2020 begin het, het gelei tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van 10 dwelmhandelaars op een perseel.
Die uiteindelike doel was egter om die plaas waarop die misdrywe gepleeg is verbeurd aan die staat te verklaar. Die plaas in die Stilbaai-omgewing grens aan Melkhoutfontein langs die pad na die stortingsterrein.
Tydens die ondersoek is daar bevind dat kinders so jonk as 15 jaar oud daar dwelms gekoop het.
Landdros Elize Ellis het in haar uitspraak in die landdroshof in Riversdal op 3 Augustus spesifieke melding gemaak van die deeglike en uitstekende werk wat die ondersoekbeampte konst. Christiaan Zwiegelaar en die stasiebevelvoerder kapt. Johan van Tonder gedoen het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’