HEIDELBERG NUUS - Heidelberg-polisie rig 'n dringende versoek aan alle boere in die omgewing om hulle so gou moontlik in kennis te stel indien enige vreemdelinge en veral verdagte persone op of naby hul plase gewaar word.
Ao. Alroy Windvogel, plaaslike polisiewoordvoerder vra alle kommersiële, asook kleinboere om te verseker dat hul diere gebrandmerk is om veediefstal hok te slaan.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'