Video
HEIDELBERG NUUS - Groot skade is vroeg vanoggend (Sondag 5 Desember) deur sterk winde en reën aan die St. Barnabas Anglikaanse Kerk in dié dorp aangerig.
Skade van etlike honderde duisende rande is deur die stormsterk winde aangerig toe 'n gedeelte van die eeu oue gebou se dak en toring inmekaar getuimel het.
Volgens vader Chassley Fredericks, predikant en herder van die gemeente het hy voor 05:00 vanoggend 'n oproep van 'n gemeentelid gekry wat hom van die gebeure ingelig het.
Hy het ook genoem dat die polisie asook die brandweer dadelik op die toneel was om die toneel af te sper en te beveilig.
Volgens Fredericks het die brandweer na 'n vlugtige ondersoek hulle aangeraai dat die perseel onveilig is om te betree.
Die kerk is ook as 'n historiese gehou verklaar.
Kyk 'n video hieronder.
Foto's: Clive Pretorius
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'