Update
STILBAAI NUUS - Die plaaslike polisie ondersoek 'n saak van strafbare manslag na 'n 28-jarige man die nag van 10 Augustus in 'n motorongeluk dood is.
Die voertuig het ongeveer 22:45 op die Stilbaaipad (R305) by Botterhoogte deur 'n reling langs die pad gebars.
Volgens ao. Morné D'Emiljo is die bestuurder op die toneel oorlede en die passasier het ligte beserings opgedoen.
Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend, maar D'Emiljo het aan Suid-Kaap Forum bevestig die polisie vermoed dat die bestuurder te vinnig gery en beheer oor die voertuig verloor het.
Die identiteit van die oorledene sal bekend gemaak word sodra al sy naasbestaandes in kennis gestel is.
IN SHORT
Local police is investigating a case of culpable homicide after a motorist died in an accident on the R305 on the night of 10 August. According to WO Morné D'Emiljo the cause of the accident is still unknown. The identity of the deceased will be released as soon as his next-of-kin has been informed of his death.
Die ongelukstoneel op die R305.
Lees 'n vorige artikel hier: Ongeluk op R305
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'