STILBAAI NUUS - ’n Argeoloog, wat oor die klimaat en plantegroei van lank gelede navorsing doen, het die publiek se hulp nodig met die versameling van voedingsreste van uile.
Uile vreet klein soogdiere en bring die onverteerbare vel en beentjies op.
Dr. Turid Hillestad Nel, van ’n Noorweegse universiteit, ontleed die voedingsreste wat in grotte soos Blombos gevind is om vas te stel watter plant- en dierelewe baie lank gelede aan die Suid-Afrikaanse kus voorgekom het.
Nuwe voedingsreste wys watter soogdiere nou hier voorkom.
Lede van die publiek wat weet waar uile nesmaak, kan Johan van Rooyen, Atlasköordineerder van die U3A Stilbaai Voëlgroep by 082 808 5652 of rooyenvanjohan@gmail.com kontak.
Hy sal die voedingsreste kom haal.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'