STILBAAI NUUS - Pikkewouter-kleuterskool op Stilbaai het op 2 Junie hul jaarlikse potjiekoskompetisie aangebied ter fondsinsameling vir die skool.
'n Gesellige atmosfeer het by die gemeenskapsaal geheers waar altesame 26 potte reeds van vroeg begin prut het. Die sangers Jovan en Thelma, asook Wim Erasmus wat Vrydagaand vir die musiek vir die mandjiedans gesorg het en die plaaslike chef, Mariska van Wyk, was die beoordelaars.
Harcourts het vanjaar met die louere weggestap en het twee nagte se verblyf by die Gardencourt Casino Hotel op Mosselbaai gewen en is gevolg deur Put Pot wat 'n Indalu-geskenkbewys losgekook het met die pot, Weskus Weduwee se seekospot, wat derde geëindig het en 'n massering vir 'n paartjie by die Garden Route Game Lodge Spa gewen het.
Pikkewouter-kleuterskool bedank die borge vir die pryse asook al die besighede vir die geskenkbewyse en vir Matchbox en Jimmy's Sauces vir die geskenkpakke vir die beoordelaars.
Die NSRI het boonop hul pot geskenk terwyl Pam Golding 'n finansiële bydrae gemaak het.
Ingrid Breedt met die Weskus Weduwee se seekospot het derde geëindig.
Die Put Pot se manne is van links Ben Vorster, Werner du Toit en Manie Roodt.
Harcourts Wenners van links: Rhea Beukes, Lionel de Ponte, Kotie Cilliers, Charmaine du Ponte en Drienie Greene.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'