Dalena Maree is verkies tot voorsitter tydens die GPF se algemene jaarvergadering op 20 November. Frans Malherbe wie vir nege jaar voorsitter was, het besluit om die tuig neer te lê. "Ek dink na veertig jaar in die polisie, 12 jaar in die GPF (nege jaar as voorsitter) het ek my deel gedoen".
Die GPF spog met goeie gemeenskapsdeelname, veral met die betrokkenheid van die buurtwagte op die dorp. Goeie nuus is dat die moratorium op die werwing van reserviste gelig is.
Stilbaai Polisie beskik tans oor geen reserviste nie en word pogings aangewend om reserviste te werf, veral in die lig dat Stilbaai voortdurend mannekrag tekorte ervaar.
Voornemende applikante moet beskik oor 'n graad 12 sertifikaat, 'n vaste werk hê, geldige rybewys, asook psigometriese toetse aflê.
Ander sake van belang waaraan aandag gegee is sluit in huiswinkels, die kennisgewingbord by Melkhoutfontein en dranklisensies. Die bestuur van die GPF vergader op 'n gereelde basis en gee ook kwartaalliks terugvoer aan die gemeenskap.
* Vir meer inligting oor die GPF kontak Elize Claassens by 028 754 6100.
Klik hier vir 'n vorige nuusflits.
Agter van links: Kapt Johan Van Tonder (stasiebevelvoerder), Naas Palmer (Jongensfontein verteenwoordiger), Johan Kriel (tesourier) en Dries Slabbert (Stilbaai verteenwoordiger). Voor van links: Chrysal Conradie (Melkhoutfontein verteenwoordiger), past Jan Kleinhans (onder-voorsitter), Dalena Maree (voorsitter) en Elize Claassens (seketaresse).
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'