RIVERSDAL NUUS - Polisiebeamptes word daagliks aan probleem- en traumaverwante kliëntediens blootgestel, asook hoë dossierladings, personeeltekorte en kritiek vanaf die publiek.
“Die lede werk boonop lang skofte en is moeg. Hulle word daagliks aan gruwelike tonele, ellende, wreedheid en konstante gevaar blootgestel wat tot post traumatiese stres afwyking, angs en depressie, uitbranding en 'n lae moraal kan lei,” sê Riversdal-polisie se stasiebevelvoerder, lt kol Delicia Isaacs.
As gevolg van al die faktore het Isaacs ingegryp en geestelike berading vir haar lede en lede van die department van korrektiewe dienste gereël.
Harry Stroebel, voorsitter van die plaaslike gemeenskapspolisieforum en pastoor Francois Bernard van die AGS op Riversdal het die lede toegespreek.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'