HESSEQUA NUUS - Die polisie het 'n ernstige beroep op die gemeenskap gedoen om te waak teen internet-aankope.
Riversdal-polisie se kommunikasiebeampte, konstabel Venia Daries het sover gegaan om 'n versoek te rig dat mense geen internet-aankope moet doen nie.
"U weet nie of die verkoper wettig handel nie. Met die aankope is dit onseker of die besonderhede van 'n persoon of byvoorbeeld die voertuig en enige ander items vals is wat u aankoop nie," het sy gemaan.
Daries het gesê daar bestaan geen versekering dat die item wat per internet aangekoop word sal bekom word nie.
Die polisie rig 'n verdere versoek aan die gemeenskap om enige verdagte persone wat in woonbuurte en die besigheidsektor ronddwaal by hulle aan te meld.
Daries het ook gewaarsku dat die polisie strenger gaan optree teenoor mense wat gesteelde goedere aankoop.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'