HEIDELBERG NUUS - Kuberafknouery het onrusbarend op sosiale media toegeneem en om daardie rede het Heidelberg-polisie Vrydag, 11 Maart 'n besoek aan De Waalville Primêre Skool afgelê.
Die besoek, onder leiding van kapt Noxolo Rulwa, visuele polisiëringshoof en sers Imorgene Hendricks, kommunikasiebeampte in samewerking met die Film en Produksieraad (FPR) was vir bewusmaking oor die gevare van dié euwel. Daar was spesifiek op die graad 7-leerders gefokus.
Rulwa en Hendricks, asook Michael Nicholson van die FPR het die leerders oor die plasing van pornografiese foto's en videos van hulself, asook ander leerders toegespreek.
Lede van die plaaslike GPF se Jeugtak, onder leiding van die voorsitter, Charmaine Esau het ook die verrigtinge bygewoon.
Volgens Hendricks kon hulle as gevolg van eksamens nie ander leerders bereik nie. Hulle beplan egter om al die skole in die distrik so spoedig moontlik te besoek.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'