Gallery Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - Die plaaslike polisie, in samewerking met ander rolspelers het nagenoeg 250 kinders by die plaaslike e-Sentrum onthaal.
FOTOGALERY: Mandela-dag saam met polisie
Volgens sers. Imorgene Hendricks, plaaslike media- en sosiale beampte het hulle, tesame met hul traumakamerlede, die GPF, GPF-jeugtak, OVK, die e-Sentrum, asook die plaaslike veiligehuis-personeellede (Mosiac) na die kinders op die spesiale dag uitgereik om die ontslape ikoon te vereer.
Die kinders is met toiletware, geskenkpakkies en lekkernye, sop en kos bederf.
VIDEO: Mandela-dag saam met polisie
Die groep leiers het deel uitgemaak van die rolspelers wat die vieringe aangebied het. By van die kinders wat geskenkpakkies ontvang het is van links Nikki Johannes (Mosiac), Charmaine Esau (GPF-jeugvoorsitter), Felicia Roberts (E-Sentrum), sers. Imorgene Hendricks, sers. Danwill Josephs, Lungiswa Ngquke (Mosiac), Thelma Scoltz (OVK) en Carl Klim (E-Sentrum).
Nagenoeg 250 kinders is in Heidleberg deur die plaaslike polisie tydens Mandeladag onthaal. Foto's: Clive Pretorius
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'