HEIDELBERG NUUS - Heidelberg-polisie, hul gemeenskapspolisieforum (GPF) en Jeugtak, asook Hessequa-munisipaliteit se beskermingsdienste het Woensdag, 5 Januarie ’n gesamentlike bewusmakingsaksie geloods.
Die groep het verskeie huis- en spazawinkels besoek waar die eienaars en werkers versoek is om aan die Covid-19-regulasies te voldoen, asook om nie sigarette aan minderjariges te verkoop nie.
Sers Imorgene Hendricks, plaaslike polisiekommunikasiebeampte het ’n beroep op inwoners gedoen om by die buurtwag en/of die jeugtak en traumakamer (VEP) aan te sluit.
Meer inligting kan van Hendricks (079 893 9930) verkry word.
Foto: Clive Pretorius'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'