Gallery
RIVERSDAL NUUSFLITS - Die plaaslike landbouskou vier volgende jaar sy 150ste bestaansjaar, 'n besonderse mylpaal in dié dorp se geskiedenis en om hierdie spesiale geleentheid mee af te skop, is Saterdag 30 September ‘n Plesierrit gehou.
'n Mooi getal van 21 ruiters het deelgeneem en ruiters van sover as Knysna en Ladismith het die rit kom ondersteun.
‘n Gesellige braaivleis by die skougronde Vrydagaand en 'n heerlike ontbyt Saterdagoggend by die Skougrondehet die Plesierrit voorafgegaan.
Ruiters het om 08:30 onder verkeersbegeleiding vertrek in die rigting van die Korenterivierdam.
Lees meer hieroor in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'