RIVERSDAL NUUS - Sersant Jakobus Spangenberg van die polisie se honde-eenheid is verlede Vrydag, 1 Desember, deur die K9-eenheid se provinsiale bestuur as die mees produktiewe SAPD-hondegeleier in die Wes-Kaap vir die periode 2022/2023 aangewys.
Spangenberg spog met meer as 265 arrestasies vir die boekjaar, wat insluit die inhegtenisneming van dwelmhandelaars en -gebruikers, diegene wat hul paroolvoorwaardes verbreek en misdade teen vroue en kinders.
Van die sake wat vir Spangenberg dié toekenning besorg het, was vir die skuldigbevinding en vonnisoplegging van Senobia Vertyn in die Albertinia- en Mosselbaai-streekhof, Angelo Mouton en andere in die Khayelitsha rondgaande dwelmhof en in Worcester vir die handeldryf in tik en Mandrax.
Vertyn is tot effektief sewe en 'n half jaar gevangenisstraf opgelê en Mouton en andere effektief tot ses en 'n half jaar gevangenisstraf.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’