Gallery Video
HEIDELBERG NUUS - Dit is Oktober en talle bome in die dorp is toegewikkel in pienk materiaal om mense van borskanker bewus te maak.
Meters pienk lap word by sr. Desiree van Deventer van die kliniek aangekoop vir hierdie doel en die opbrengs word gebruik vir die versorging van pasiënte.
Van Deventer sê dit is baie belangrik om jou borste self maandeliks te ondersoek.
"Ek beveel aan dat elke vrou eenmaal 'n jaar haar borste deur 'n mediese persoon laat ondersoek, dit is waarop Oktobermaand fokus, vir daardie jaarlikse ondersoek."
Vrywilligers brei ook kombersies van liefde om pasiënte warm te hou.
"Enige skenkings vir wol is baie welkom," sê Van Deventer.
Saterdag 28 Oktober is daar 'n pretstap en -draf vanaf die skouterrein tot by die kliniek.
Meters pienk lap word by sr. Desiree van Deventer van die kliniek aangekoop om vir die versorging van pasiënte te ondersteun.
Dit kos R20 per volwassene en R10 per kind. Dié geld gaan ook vir pasiëntversorging.
Wees ook op die uitkyk vir 25 November se Vlakte-marathon van Heidelberg tot Witsand wat insluit roetes van 5 km, 10 km, 21 km en vir die ware langasems is daar ook 'n marathon van 42 km.
Kyk 'n video hieronder:
Lees 'n vorige artikel: 'n Pienk Oktober in Heidelberg
ARTIKEL, VIDEO EN FOTO'S: ALETTA SUTHERLAND, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'