Gallery Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - Dit is Oktober en verskeie bome word in pienk lappe toegedraai om mense van borskanker bewus te maak.
Meters pienk lap word by sr. Desiree van Deventer van die kliniek aangekoop vir hierdie doel en die opbrengs daarvan word vir die versorging van pasiënte aangewend.
Volgens Van Deventer is dit baie belangrik om jou borste self maandeliks te ondersoek.
‘n Projek waar vrywilligers kombersies van liefde brei om pasiënte warm te hou is tans ook aan die gang.
Kliniekpersoneel getooi in pienk lappe van links: Nicolin Davids, Nicolaas Esau, Grifton Isaacs en Manini Batmndwa.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'