TUINROETE DISTRIKNUUS - Die 13-jarige Patricia van Wyk van Riversdal wat vir bykans twee maande vanaf ‘n kinderhuis in George vermis was, is veilig tuis.
Volgens haar tannie, Bertha Flores was dit deur knap speurwerk deur kapt Januarie en ao Botha van George-polisie dat sy opgespoor is.
“Ons het nie eens geweet dat sy nie meer by die kinderhuis was nie. Was dit nie dat my suster die plek gebel het nie, weet ek nie wanneer ons dit te hore sou kom nie,” vertel Flores.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'