STILBAAI NUUS - Die Passiespele kon in 2020 nie in Oberammergau plaasvind nie as gevolg van die wêreldwye Covid-19-pandemie.
Maar nou, in 2022 bespreek opgewonde belangstellendes van dwarsoor die wêreld vir die besondere vyf-uur-lange vertoning wat vanaf Mei tot middel Augustus vanjaar duur.
En dit gebeur nie aldag dat ‘n klein gemeenskap ‘n projek so groot soos die Passiespele aanpak nie. ‘n Groep Stilbaaiers het dit egter in 2019 met reusesukses opgevoer.
Lesers wat belangstel om deel te neem is steeds welkom om die regisseur, Pauline Hollis (082 450 2621) te skakel.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'