Gallery
STILBAAI NUUS - Stilbaai gemeenskapsaal was vir drie aande na mekaar stampvol gepak met waarderende toeskouers wat van so ver as Oudtshoorn en Mosselbaai gery het om die Passiespel by te woon.
Onder regisseur Pauline Hollis se bekwame leiding is ‘n produksie op die planke gebring wat by heelwat groter toneelgeselskappe sal kan kers vashou.
Benjamin Duminy het veral beïndruk met sy deurleefde vertolking van Jesus.
Met ‘n agtergrond van mediese studies het hy maande lank navorsing gedoen oor die beste uitbeelding van ‘n uitgeputte en sterwende karakter.
Die spelers is meesterlik ondersteun deur die NG-kerkkoor, onder leiding van die musiekdirekteur, Elize Pienaar, saam met uitstekende soliste en musikante, om die storie ook in klank te vertel.
Enigiemand wat belangstel in foto’s van die produksie, kan by Pakketmoles,
Stilbaai navraag doen oor die bundel wat beskikbaar is.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'