STILBAAI NUUS - Die tweede Stilbaai Parkrun het Saterdagoggend, 22 Januarie plaasgevind.
Die parkrun vind elke Saterdagoggend plaas en wegspringtyd is 08:00 op die strand by Stilbaai-Wes.
As jy nie kan hardloop, draf of stap nie is jy welkom om as vrywilliger met die dag se gebeure te help.
Die parkrun vind in meer as 3 000 gemeenskappe regoor die wêreld plaas en groei weekliks.
Vir verdere inligting kan jy die Facebook blad Stilbaai West Beach parkrun besoek.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'