HESSEQUA NUUS - Die pad tussen Albertinia en die Stilbaai-afdraai het die afgelope naweek nog ’n lewe geëis in ’n botsing waar vier voertuie betrokke was.
Dit is die soveelste grusame ongeluk die afgelope jaar op dié gedeelte.
Drie voertuie was later dieselfde dag in dié omgewing in ’n botsing betrokke en Maandag is ’n persoon in ’n ongeluk beseer op die N2 tussen die Gouritsbrug en Mosselbaai.
Lees verwante artikels hier:
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'