RIVERSDAL NUUS - Buiten die ongeluk op die N2 digby Resiesbaan wat Sondag 22 September die lewe van een persoon geëis het, het nog twee ongelukke die langnaweek op die N2 gebeur.
'n Bakkie en twee ander voertuie was later Sondag in dieselfde omgewing in 'n ongeluk betrokke.
Geen verdere inligting hieroor kon verkry word nie. Op Maandag 23 September was een voertuig op die N2 tussen Gouritsbrug en Mosselbaai in 'n ongeluk betrokke.
Volgens 'n omstander op die toneel is 'n persoon deur paramedici uit die voertuig gehaal, maar die omvang van die persoon se beserings is nie bekend nie.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'