RIVERSDAL NUUS - Vroulike inwoners van Jan Lange-tehuis in Riversdal is deur dames wat tans op parool is, bederf om Vrouemaand op gepaste manier af te sluit.
Die projek was onder die toesig van Liezel Cooper, paroolbeampte van Hessequa-gemeenskapkorreksies (GEMKOR) uitgevoer.
Die senior burgers se voete is gewas, met allerlei rome ingevryf en hulle hande en naels is versorg.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'