HESSEQUA NUUS - Die departement van korrektiewe dienste (Gemkor) se rehabilitasieprogram het ten doel om oud-gevangenes wat op parool is, stelselmatig in die gemeenskap te integreer deur hulle te betrek om verskeie takies by staats- en ander instansies te verrig.
Volgens Given Mfuko, Gemkor-streekshoof is die toekoms van oud-gevangenesse nadat hulle op parool vrygelaat is om ‘n nuwe lewe vir hulle in die gemeenskap te skep, nie altyd rooskleurig nie, vandaar so 'n rehabilitasieprogram.
Heidelberg
‘n Groepie van 10 oud-gevangenes het Saterdag, 11 Desember onder die wakende oë van die Buffeljagsrivier Gemkor-afdeling, onder leiding van Mfuko en Edlyn Willemse, korrektiewe beampte, die perseel by Heidelberg-polisiestasie behoorlik opgeruim.
Volgens Willemse was die skoonmaakaksie die laaste projek van die jaar. Sy het die oud-gevangenes vir hul toegewydheid bedank deur die take met ywer te verrig.
Willemse het ‘n uitnodiging aan alle staats-, semi-staats- of enige ander instansies uitgereik om volgende jaar van hulle dienste gebruik te maak.
Genoemde instansies kan met die gevangeniskantore in verbinding tree, of hul versoeke aan die plaaslike polisie rig.
Msweswe Thembaleti (heel links) en Edlyn Willemse (derde van links), asook sers Tercia Hoogbaard van Heidelberg-polisie (heel regs) staan by die oud-gevangenes op die grasperk van die polisiestasie. Foto: Clive Pretorius
Albertinia en Riversdal
As deel van hul rehabilitasieprogram vir oud-gevangenes, het korrektiewe dienste (Gemkor) ook op Dinsdag, 14 Desember, in samewerking met Albertinia Afriforum-plaaswag en Albertinia DOCS-buurtwag met 23 oud-gevangenes op parool dié dorp besoek.
“Deur ons samewerking met Gemkor wys dit weer eens vir die gemeenskap dat hul veiligheidsbelange hoog geag word deur alle rolspelers,” het Johan Wessels, plaaswag voorsitter gesê.
Rolspelers in in die veiligheidserktor van Albertinia saam met personeel van korrektiewe dienst. Agter, (agter van links) Nita Wessels (Albertinia GPF-voorsitter, NG Gunguluza, RC Cronjé, SK Gubayo, AV Mngese, Paul Jacobs, LD Cooper, Janik Jansen van Rensburg en MN Hashe. Voor: Wessel Cronjé, Johan Wessels, Tereska Janse van Rensburg en Charmaine Steenkamp. Foto verskaf
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'