Roos het nie net uitsonderlik presteer tydens haar eindeksamen van dié vier jaar lange graadkursus aan die Universiteit van Stellenbosch (US) nie, maar was ook die top student.
Sy het die volgende toekennings ontvang:
Meriete toekenning vir die hoogste gemiddelde jaarpunt behaal in BSc Fisioterapie IV-klas; beste prestasie in Navorsingsmetodiek; beste prestasie in Kliniese Fisioterapie (akademies) en beste Toegepaste Fisioterapie (prakties).
Die universiteit het haar boonop vereer met akademiese erekleure vir haar deurlopende uitstaande prestasie gedurende die vier jaar.

Retha Roos, oud-leerder van Hoërskool Langenhoven, ontvang haar graad. Inlas: Roos onderteken die eed van getrouheid.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'