HESSEQUA NUUS - Die pont oor die Breërivier by Malgas is ’n historiese landmerk wat vir baie sentimentele waarde het.
Die departement van vervoer en openbare werke het onlangs bekend gemaak dat die pont met ’n nuwe, groter gemotoriseerde een vervang gaan word.
Die publiek was nie te vinde daarvoor nie en het in ’n ommesientjie honderde handtekeninge aanlyn teen die verwydering van die oue ingesamel.
As gevolg daarvan bly die ou pont net waar hy is - al het die SA Maritieme Veiligheidsorganisasie bevind dat nie die pont of die kabel waaraan dit oor die rivier getrek word, veilig is nie.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'