RIVERSDAL NUUS - J-Square Empowerment, ‘n nie-winsgewende organisasie in Riversdal het op 24 Desember verlede jaar weer die hand in die sak gesteek, ten spyte van moeilike ekonomiese omstandighede.
Tweehonderd warmbrakke (hotdogs), 200 koeldrankies en 200 geskenkpakkies is aan minderbevoorregte kinders en jongmense uitgedeel.
“Ons projek kon ongelukkig nie hierdie armoede verlig soos wat nodig is nie as gevolg van ‘n tekort aan geld, maar ons het besef dat die hoop onder ons kinders en jongmense weer aangeblaas moet word (Spreuke19:17)”, het Justin van Rensburg van die organisasie gesê.
Van die kinders wat pakkies ontvang het.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'