Hy is deur wyle mnr. Johan Cronjé op 7 Januarie 1996 as drywer en tuisversorger aangestel en was toé woonagtig op die plaas Windsor van mnr. Van Eden, 18 km buite die dorp.
Kort nadat Johnny aangestel is, het sy motor een oggend probleme gegee toe hy wou werk toe kom.
Sonder om twee keer te dink het hy die afstand te voet aangepak om steeds te probeer om betyds by die werk te kom. Gelukkig het hy onderweg 'n saamrygeleentheid by 'n vragmotorbestuurder gekry. Johnny het later van tyd nader aan die dorp getrek toe toe hy en sy familie in 'n huis op Haasvlakte naby die graansilos gaan bly het, dus was die afstand werk toe nie meer 'n probleem nie.
Johnny het hom deur die jare onderskei deur sy besonderse pligsgetrouheid en Huis Wallace Anderson se inwoners kon altyd op sy nommer druk. Sy medewerkers het om ook later as hul shopsteward verkies. Die werk by die tehuis vereis besondere persone wat nou saam met die mense kan werk wie se hande en voete hulle is.
"Johnny het 'n pos by Riversdal Begrafnisdienste aanvaar en namens ons inwoners en medewerkers wens ek hom alle voorspoed in die nuwe tydperk in sy lewe toe," het Danie du Toit van die tehuis gesê.

Van die inwoners en medewerkers neem van Johnny Karelse (agter, derde van links) afskeid.