Volgens mnr. Jabe Hoogbaard, beheerliggaamvoorsitter, is skade van etlike duisende rand gedurende die drie voorvalle aangerig. Hy het Maandag, 31 Maart saam met mnre. Mike Pepper (vise-prinsipaal), Hans Hartnick (beheerliggaamlid) en Japie Hoogbaard (opsigter), probeer vasstel wat alles in dié inbraak gesteel is. Daar is voorlopig vasgestel dat een van twee CD-spelers van die skool, asook 'n Blackberry selfoon van die skoolsekretaresse, me. Ina Hoogbaard, gesteel is. Sy het haar selfoon Vrydag by die skool vergeet.
Pepper het gesê dat hulle vermoed dat die diewe deur 'n venster by die personeelkamer se toilette toegang gekry het. Hulle is egter by 'n groter venster in die personeelkamer uit, waar tekkiespore duidelik op twee van die stoele agtergelaat is. Buiten die items wat gesteel is, het die diewe 'n gat in 'n deur in die prinsipaal se kantoor geslaan en 'n rekenaarskerm in sy kantoor beskadig. Boeke, dokumente en ander items was oral rondgestrooi.
Daar is ook skade aan verskeie items in die res van die kantoorblok aangerig. Wat Hoogbaard egter dwars in die krop steek, is die vermetelheid van die kwaaddoeners om op hul tyd koffie te maak en te drink. Volgens hom was die diewe nogal baie selektief en het hulle nie in kleingeld belanggestel nie. "Hulle het die kleingeld wat daar was, op die vloer gegooi," het hy ontsteld gesê.
Niemand is tot dusver gearresteer nie. Die polisie en beheerliggaam van die skool doen 'n dringende beroep op enigiemand wat inligting kan verskaf, om hul dadelik in kennis te stel. Alle inligting sal anoniem en as streng vertroulik beskou word.
* IN SHORT
Slangrivier Primary Scool suffered damage of several thousand rand during a burglary the past weekend, the third of its kind this year. A full list of all items stolen is not completed yet, but according to Mr. Jabe Hoogbaard of the governing body, one of two CD players of the school and a Blackberry phone, which belong to the school secretary, Ms. Ina Hoogbaard, were stolen. The thieves vandalise the office building and books, documents and several items were scattered all over the place. The police and governing body of the school ask anyone who can provide information, to notify them as soon as possible. All information will be regarded anonymous and confidential.

Die deur in die prinsipaal se kantoor wat deur die boosdoeners beskadig is.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'